Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 5 JANUARIE 2020

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

ZS6JON BEHAAL 2 M DXCC

STREEK 1 144 MHZ TROPO REKORD NOU UITGEBREI TOT 4 776 KM

en

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 15 JANUARIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

ZS6JON BEHAAL 2 M DXCC

John Sygo, ZS6JON het uiteindelik die lang agterstallige papierwerk voltooi om sy 2 meter DXCC deur middel van 'n mengsel van papier QSL-kaarte en LotW-bevestigings op Dinsdag 31 Desember 2019 te ontvang. John is wêreldwyd bekend in die BHF, UHF en SHF gemeenskap as 'n pionier in sy veld met 'n menigte van sy uitstekende projekte en idees wat deur ander gebruik en gekopieer word.

John hou nie net 'n BHF/UHF-baken plaas aan die gang naby Johannesburg nie, maar hy was ook die belangrikste dryfkrag agter die onlangse suksesvolle Z21EME, 3DA0MB en A21EME BHF, UHF en SHF EME DX ekspedisies. Hy het ook verskeie ander plaaslike EME-stasies gehelp om op die lug te kom deur advies, toerusting en die bou van talle volledige antennas en fasering skabels vir die BHF- en UHF-bande.

Baie geluk John!

DIE SARL 95 ONTSLUIT AMATEUR RADIO TEGNOLOGIE SIMPOSIUM

Die Ontsluit Amateur Radio Tegnologie Simposium word in die Wanderers-konferensiesentrum in Johannesburg aangebied om 13:00 SAT met registrasie op Vrydag 3 April 2020. Die simposium begin om 14:00 en sluit om 19:00 met 'n skemerkelkie-geleentheid. Dieselfde formaat as die 2019-simposium sal gevolg word met spreekbeurt van 20 minute en 10 minute wat aan vrae en antwoorde toegewys is. Daar sal ook vier "snelvuur" sessies van tien minute elk wees. Die finale program word teen Vrydag 31 Januarie 2020 gepubliseer.

Voornemende sprekers word uitgenooi om teen Dinsdag 21 Januarie 2020 'n kort samevatting van hul voorgestelde referaat in 'n Word-lêer in te dien. Stuur jou voorstel na artotoday@sarl.org.za

Die Ontsluit Amateur Radio Tegnologie Simposium is deel van die SARL se Nasionale Konferensie wat die Algemene Jaarvergadering en SARL 95 Dinee en dans insluit. Teken die naweek van 3 tot 5 April 2020 as 'n amateur radio-ervaring aan wat u nie mag misloop nie.

STREEK 1 144 MHZ TROPO REKORD NOU UITGEBREI TOT 4 776 KM

Die afgelope week was daar merkwaardige toestande op die BHF-bande wat baie DX-kontakte regoor Europa moontlik gemaak het. Alhoewel dit op sigself niks nuuts is nie, het dit saamgeval met 'n see geleiding wat tot by die weskus van Afrika afloop het.

Op 28 Desember is 'n nuwe IARU-streek 1-Tropo-rekord vir 144 MHz opgestel toe Ian, GM3SEK daarin geslaag het om die Monte Verde kompetisie klub, D41CV, oor 'n afstand van ongeveer 5656 km te werk.

Op 1 Januarie 2020 was die Nuwe Jaar skaars 'n paar uur oud toe Callum, GM0EWX op die eiland Skye in die weste van Skotland, daarin geslaag het om die Monte Verde kompetisie klub, D41CV, op FT8 werk. Dit brei nou die IARU Streek 1 144 MHz Tropo-rekord uit tot 'n ongelooflike 4 776 km.

30 METER BANDPLAN

Die IARU Streek Een 30 MHz-bandplan laat 'n segment toe vir ESB tussen 10 120 tot 10140 kHz, gedurende dagligure in gebiede suid van die ewenaar, terwyl geen bulletins toegelaat word nie. Met die voortplantings toestande wat heers op die 30 Meter-band, sou dit in Suider-Afrika van belang wees om toelaat dat SARL Nuus en Amateur Radio Today op 10 MHz oorgedra word. Die SARL IARU-werkgroep het 'n voortplantingsstudie met Ean Retief, ZS1PR begin wat later in die Skype-besprekings vergadering bespreek sal word.

Alle radio-amateurs wat gereeld die 10 MHz-band gebruik, word uitgenooi om hul menings en ervaring te deel. Stuur 'n e-pos na artoday@sarl.org.za.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE 2020 CQ DX MARATHON

Die CQ DX-marathon is 'n jaarlange DX-jag, met deelnemers wat meeding om te kyk wie die grootste aantal lande ('entiteite') en CQ-sones kan werk gedurende die kalenderjaar. Die 2020-weergawe het op 1 Januarie om 00:00 UTC begin en eindig op 23 Desember om 23:59 UTC. Volledige besonderhede is beskikbaar op www.dxmarathon.com/.

DIE SARL WOENSDAG 80 M KLUB NAELLOOP OP 15 JANUARIE

Die eerste been van die Woensdag 80 m Klub Naelloop word op 15 Januarie van 17:00 tot 18:00 UTC aangebied. Die puntetelling het vanaf die Naelloop van 2019 verander, deurdat ruitvierkante in die berekeninge gebruik word en nie op die gebiede nie.

Die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie word van 17 tot 19 Januarie oor twee sessies aangebied. Die eerste sessie van 22 uur begin om 16:00 UTC op Vrydag 17 Januarie en sluit Saterdagmiddag 18 Januarie om 14:00 UTC. Die tweede sessie van 22 uur begin onmiddellik na 14:00 UTC op Saterdag en eindig om 12:00 UTC op Sondag 19 Januarie met aktiwiteit op 6, 4 en 2 meter en 70 en 23 cm.

Die reëls vir albei hierdie kompetisies kan gevind word in die 2020 Blouboek en in die Januarie 2020 Radio ZS.

DIE RADIO-AMATEUR-EKSAMEN

Noel Hammond, ZR6DX het 'n e-pos gestuur waarin hy sê dat al die eksamensentrums gedeaktiveer is. As jou Klub ‘n RAE-kursus en die eksamen gaan aanbied, stuur asseblief 'n e-pos aan Noel om te sê jou Klub gaan RAE-kursusse hou en eksamens af lê vir sowel die Mei as die Oktober-sessie. Die eksamensentrum sal onaktief bly totdat ons jou e-pos ontvang het. As daar veranderinge aan die klublokaal, opsieners, helpers, koerier adresse en HF-assessors is, e-pos die besonderhede aan Noel of gaan na die volgende skakel om die inligting op te dateer www.sarl.org.za/Web3/RAE/ExamCentreRegistration.aspx, Noel se e-pos is rae@sarl.org.za

Die Mei 2020 RAE word op Saterdag 16 Mei geskryf. Registrasie vir hierdie RAE open op Saterdag 1 Februarie en sluit op Vrydag 24 April 2020.

DIE WEERLIG VEROORSAAK PROBLEME MET DIE OPLAAI VAN SARLNUUS

Weerlig het verlede Saterdagmiddag skade aan ‘n elektriese verspreidingspunt in Bloemfontein veroorsaak wat groot dele van die stad sonder krag gelaat het. Dit het ook die oplaai van SARL Nuus beïnvloed. Volgens inligting is die Afrikaanse bulletin versprei maar slegs 300 lede het die Engelse bulletin ontvang. Met die oplaai van beide bulletins, is die Liga webwerf eerste om dit te ontvang. So as jy nie die bulletin per e-pos kry nie, besoek die Liga webwerf.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar 'n enkele sonvlekkie sigbaar. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Radio amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

15 Januarie - die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop
17 tot 19 Januarie - die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie
21 Januarie - die sluitingsdatum vir die indiening van die samevatting van referate vir die SARL 95 simposium
25 Januarie – die Somer QRP kompetisie
31 Januarie – die sluitingsdatum vir AJV mosies, SARL Toekennings- en Raad nominasies.
1 Februarie - die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid Party en registrasie vir die Mei RAE open
2 Februarie - AWA GG Aktiwiteitsdag
7 en 8 Februarie - Raadsvergadering by die NARS
8 en 9 Februarie - die SARL Nasionale Velddag

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

John Sygo, ZS6JON het uiteindelik die lang agterstallige papierwerk voltooi om sy 2 meter DXCC deur middel van 'n mengsel van papier QSL-kaarte en LotW-bevestigings op Dinsdag 31 Desember 2019 te ontvang. John is wêreldwyd bekend in die BHF, UHF en SHF gemeenskap as 'n pionier in sy veld met 'n menigte van sy uitstekende projekte en idees wat deur ander gebruik en gekopieer word.

Baie geluk John!

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending deur Andy, ZS6ADY vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou ‘n voorspoedige week toe.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003